Blue Green Watercolor
Gold Spots Glitter
Gold Spots Glitter
Flower
Flower

‘n Hartlike Uitnodiging...

Louis Lodewyk Kruger


&


Inge Strauss

bind hulleself aan mekaar

des

21

om 17:00

Saterdag

2024

Flower
Gold Spots Glitter
Flower
Gold Spots Glitter
Gold Spots Glitter
Blue Green Watercolor
Flower
Flower
Gold Spots Glitter
Flower
Gold Spots Glitter
Flower

Die Plek

Rivier Plaas

End Langenhoven Street, Riversdale, Meyerton, 1961

Blue Green Watercolor
Gold Spots Glitter
Flower
Flower

Die liefdes

Verhaal

Ons het in ons eerstejaar by die NWU ontmoet in die chemie klas. Ek was in my hippie-fase, en Dewyk was van mening dat ek “interessant lyk”. Hy het langs my kom sit, en my ingelig dat my som se antwoord verkeerd was. Ek het hom gewys dat dit reg is.


Kort daarna het hy my gebel om te vra hoe drink ek my koffie. Die volgende oggend daag hy toe ‘n halfuur laat op vir klas. Ek was bekommerd dat hy dalk ‘n ongeluk met sy fiets gehad het. Die man het toe egter vol selfvertroue in die reeds in-sessie lesing ingestap – ‘n koffie in elke hand.

Die selfvertroue het vinnIg verdamp toe hy besef hy het die klastyd misreken…


Toe Covid tref, het ons na verskillende provinsies gegaan en ‘n jaar lank kontak gehou deur saam die aanlyn chemie module aan te pak. Teen die tyd dat almal kon terugkeer kampus toe, het hy oorgeskuif na die ingenieursfakulteit toe, en ons het geen meer klasse saam gehad nie.


My koshuiskamermaat was toevallig ‘n baie goeie hoërskoolvriendin van Dewyk, en dis Maryse wat ons onbedoeld weer in kontak gebring het. Ons het saam begin draf, en die vriendelike kompetisie wat ek met hom gehad het in chemie het oorgeskuif na die drafsessies toe. Ek was liederlik onfiks, maar het my bes gedoen om voor te gee dat ek eintlik gereeld op die pad is. Op die ou end hardloop ek toe die rook uit hom uit.


Dit het ons weeklikse roetine geraak, en die roete se eindpunt het sommer gou geskuif na sy woonstel toe, waar ons dan eers ‘n ruk sou kuier voordat ek teruggaan koshuis toe.


- Inge -

Gold Frame
Gold Spots Glitter
Gold Spots Glitter
Gold Frame
Blue Green Watercolor

Vir ons eerste nie-amptelike date het ons saam na ‘n tweedehandse winkel toe gegaan, en toe ‘n koffie gaan drink by Recharge Coffee Shop in die ou Snowflake fabriek in Potch. Dis hier waar ek die eerste keer ‘n onontkenbare verliefdheid op haar gevoel het.


Tydens Canva het ons twee en ‘n paar van haar koshuisvriendinne laatnag die verfstukke gaan kyk in die amfi op kampus. Op die spesifieke aand het sy intussen egter besluit ek stel beslis nie belang nie en dat ek nie haar skimpe vang nie. As versagtende omstandighede kan ek sê haar “skimpe” was redelik onvoorspelbaar en onkonvensioneel.

Gewapen met hierdie mening en gemoedstoestand het sy die res van die aand ‘n punt daarvan gemaak om my te ignoreer. En, and I quote, “ek was die hele aand besig om ‘n strong, independent, crazy woman te wees”.

Die aand stuur ek toe vir haar ‘n boodskap dat ons die volgende dag moet praat.


Ek vra haar toe “Wat is ons?”, en of daar iets tussen ons is. Na ‘n hele lang oor-en-weerdery eindig die gesprek toe met ons wat vry op die grasperk agter die spinnekopgebou. Tydens die soen vra ek haar om offisieel my meisie te wees.


Ons gaan vir 2 jaar en 7 maande uit. Op 10 November 2024 gaan kyk ons die sonsopkoms by die dam op my voorstel. Inge het vir ons tee ingesit, en in die coolbag twee sjampanjeglase gesien! Dit was darem my woonstelmaat se sakkie, en ek kon sê die glase was sy en sy meisie s’n. Sy haal toe die glase uit die sakkie uit…

Ons het op die een ledge gesit by die dam en wag vir die sonsopkoms. Op die ledge langs ons het ‘n groep koshuismEisies musiek gesluister en ook gewag. Ek was gereeld op my foon besig om reëlings en kameramanne te korreleer. Na ‘n ruk staan ek op om “my bene te rek”.


Ek skarrel vir ‘n oomblik agter haar, gaan op een knie, en toe:


“Inge Strauss…?”


- Dewyk -

Gold Frame
Gold Spots Glitter
Gold Frame
Gold Spots Glitter
Gold Spots Glitter
Gold Spots Glitter
Gold Spots Glitter
Gold Spots Glitter
Gold Spots Glitter
Blue Green Watercolor

16:10


16:50


17:00


17:45 – 18:45


19:00


22:30


00:00


02:00

Gold Spots Glitter
Flower
Flower
Flower
Gold Spots Glitter
Flower

Die dag se

Skedule

Gaste arriveer & geniet verwelkomingsdrankies.


Gaste neem hul sitplekke in – Ommidraai Chapel


Seremonie begin


Bruidspaar neem foto’s en gaste geniet ligte versnaperinge


Toesprake, bedankings en onthaal


afsien van die bruidspaar


Musiek af. Gaste is welkom om verder te kuier om die boma


Venue sluit

Blue Green Watercolor

Akkommodasie

Opsies

Druk asb op die “sien meer’ vir die akkommodasie se webblad

Rivier Plaas

Kamer 1 - 3 & 5 - 7

R 750 p/n

op Perseel

elektisiteit

haardroës

ontbyt op aanvraag (R100 PP)

geen selfsorg nie

Rivier Plaas

Kamer 10 - 13

R 650 p/n

op Perseel

SONkrag

geen haardroës

ontbyt op aanvraag (R100 PP)

geen selfsorg nie

s&s vILLAGE gUEST hOUSE

8.2 KM VANAF VENUE

r 550 P/N

tHE ANGEL RIVER VILLA

4.6 KM VANAF VENUE

r 650 P/N

VESA GUEST HOUSE

15.4 KM VANAF VENUE

r 700 P/N

MIDVAAL GUEST HOUSE

18.2 KM VANAF VENUE

r 650 P/N

iKHAMANZI B&b

10.4 KM VANAF VENUE

r 460 P/P

KLIP RIVER COUNTRY ESTATE

9 KM VANAF VENUE

r 860 P/N

GEEN SELFSORG

PLAASKOMBUIS COUNTRY ESTATE

2.4 KM VANAF VENUE

r 1080 P/N

naaste aan venue & aanbeveel deur gasvrou.

En-suite badkamers.

kORUNDUM LODGE

18.4 KM VANAF VENUE

r 700 P/N

Standaard en-suite kamers en 'n selfsorg-eenheid met slaapplek vir 6. Elke kamer is toegerus met 'n yskassie, WiFi, 'n TV, 'n werkspasie en tee- en koffie geriewE

LEKKERUS GUEST HOUSE

12.9 KM VANAF VENUE

r 710 P/N

Nie selfsorg nie. Alle eenhede het 'n yskassie en 'n tee-/koffiestasie

LA TRANQUIL GUEST HOUSE

12.9 KM VANAF VENUE

r 795 P/N

5 en-suite slaapkamers.

Daar is 4 kamers wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolf en tee- en koffie geriewe. Die ander kamer is selfsorg.

tHE VILLAGE GUEST HOUSE

12.5 KM VANAF VENUE

r 1100 P/N

rUDY’S

5.5 KM VANAF VENUE

r 750 P/N

SELFSORG KAMERS & HUISIES

Gold Spots Glitter

Belangrike

Inligting

Wat trek ons aan?

Semi-Formeel (Smart Casual)

Is kinders welkom?

Geen kinders asseblief

mag ek ‘n metgesel bring?

Geen metgeselle asseblief

Flower
Flower
Gold Spots Glitter

mag ons buite verversings inbring?

Nee geen koelhouers of mandjies word toeglaat nie

is daar ‘n kontant kroeg?

Ja daar is

wat kan ons gee as geskenke?

Dis glad nie ‘n “moet” nie – om ons gaste daar te hê is reeds ‘n geskenk. As gaste ons egter verder wil seën, is kontant of EFT welkom.


Capitec Spaar Rekening

Gaste Blessings

Rek No: 169 378 3051


Indien gaste verkies om eerder vaste geskenke te gee, kontak gerus die bruid vir die informele gift registry.

Blue Green Watercolor